
Donker rooster
Arm Mense
Die werkperd. Sterk, donker en sonder verskonings.
- Neute
- Donker sjokolade
- Dik crema
R349 / 1kg
Vanaf R99 (250g)

Vars gerooste koffie. Drie reekse. Landwye aflewering.
Geen etikette. Geen nonsens.
Omdat jy koffie drink, nie die sak nie. Ons het die etiketgeld in beter bone gesit.

Dieselfde sak. Ander koffie. Ander rekening.
Die reeks
Kan nie besluit nie? Proe al drie. Ons oordeel nie.

Donker rooster
Die werkperd. Sterk, donker en sonder verskonings.
R349 / 1kg
Vanaf R99 (250g)

Medium rooster
Betroubaar soos 'n bakkie met 'n sleepwa.
R409 / 1kg
Vanaf R119 (250g)

Medium-lig rooster
Die bone het meer paspoortstempels as jy.
R449 / 1kg
Vanaf R129 (250g)

3 x 250g
Kan nie besluit nie? Proe al drie. Ons oordeel nie.
R329
3 x 250g, een van elke reeks
250g sakkies

Donker rooster
Klein sakkie. Groot koffie.
R99 / 250g
Klein sakkie, dieselfde koffie

Medium rooster
Om te proe voor jy commit.
R119 / 250g
Klein sakkie, dieselfde koffie

Medium-lig rooster
Klein sakkie. Steeds duur smaak.
R129 / 250g
Klein sakkie, dieselfde koffie
Hoe werk dit
Arm, Middelkas of Ryk. Niemand oordeel nie. Ons lieg.
Heelboon, plunger/filter of espresso.
Elke week vars gerooster. Ons stuur binne 2 werksdae.



Ons storie
Dit het begin met 'n slegte koppie koffie op 'n Dinsdagoggend in Pretoria. Een sluk, en ek het besluit: nooit weer nie. Ná 14 lande, 3 verlore tasse, een donkie en omtrent 2 000 koppies koffie, het ons die geheim ontdek.
Lees die storieVir almal
Heelboon, plunger/filter of espresso. Ons maal dit, jy drink dit. Spanwerk.
Elke week vars gerooster. Ouer koffie drink ons self.
Ons stuur binne 2 werksdae. Aflewering neem gewoonlik 2 tot 4 werksdae.
Koerier R99. Gratis aflewering op bestellings van R750 of meer. Gratis afhaal in Pretoria.